RIVERSDAL NUUS - Merrian van Staden van Gerrit du Plessis Sekondêr het die afgelope naweek met ’n uitstekende derde plek in die WOW-spelkompetisie vorendag gekom.
Danksy haar puik prestasie het sy deurgedring na die provinsiale spelkompetisie, waar sy die skool en gemeenskap verder sal verteenwoordig.
Die skool het Merrian gelukgewens met haar prestasie en haar sterkte toegewens vir die volgende ronde van die kompetisie.
“Namens die skool en ons gemeenskap wil ons vir Merrian van Staden hartlik gelukwens met haar uitstekende prestasie!” het die skool gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’