STILBAAI NUUS - Donderdag 18 Julie was vir 'n klomp senior burgers van Melkhoutfontein 'n dag van bederf.
Die Soetfontein Senior Burger Klub van Melkhoutfontein, onder die bekwame leiding van Albert Cloete het sop en brood bedien en dan was daar ook lekker bederfies.
Jo-Ann Baker het vir hulle slaapsokkies gebrei en die dames van die klub het pragtige serpe gebrei en elkeen van die senior burgers het met iets warms daar weggestap.
Santel en Pieter Swanepoel het vir hulle kolwyntjies gebak en Adrie Grové het al die pad van Albertinia gekom met pakke reuse marshmallows.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’