STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-polisie het bevestig dat die lyk van ‘n man wat Dinsdag op die rotse naby Jongensfontein net buite Stilbaai gevind is, ‘n inwoner van George is.
Die lyk van die 55-jarige man is omstreeks 08:30 op die rotse aangetref.
Volgens die polisie was die man saam met sy gesin met vakansie in Stilbaai en het hy Maandagaand besluit om te gaan hengel in Jongensfontein, wat gewild onder vishengelaars is. Hy het nie na sy familie teruggekeer nie en sy lyk is eers Dinsdagoggend ontdek.
Die plaaslike polisie ondersoek nog die voorval en die uitslag van ‘n nadoodse ondersoek sal eers later bekend gemaak word. Die vermoede bestaan dat hy dalk aan ‘n hartaanval beswyk het.
Vorige artikel: Lyk van onbekende man op rotse gevind
'Ons bring vir jou die nuutste Stilbaai , Hessequa nuus'