Die graad 9's het met groot opgewondenheid die effe lang pad Sutherland toe aangedurf met die reën wat hul vergesel het. Die hoofdoel van die uitstappie is die besoek aan die sterrewag op Sutherland. Weer was Hoërskool Heidelberg bevoorreg om 'n bekende persoonlikheid, by name Willie Koorts van RSG-Faam se Sterre en Planete program as toerleier te beleef. Hierdie passievolle man het weer moeite gedoen om die Hemelruim vir die kinders nader te bring.
'n Groot attraksie bly verseker die bemeestering van die eeue oue rustende vulkaan - Salperterkop. Ongelukkig was dit die laaste keer dat Salpeterkop aangepak is, want die pad daarna is in 'n baie swak toestand en daar is geen planne om 'n beter toegang te maak nie. Die verblyf op die plaas bly wonderlik en die kinders ervaar die andersheid van boerdery in die Karoo. Die eskarprand se asemrowende uitsig bly elke besoeker by.
'n Opgewonde groep graad 9's buite die hek van die sterrewag.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg | Hessequa nuus'