RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven spog vanjaar met vier A-kandidate en 'n slaagsyfer van 97,3%.
Radant Malherbe slaag met agt A's. Hy is die toppresteerder en verkry 'n gemiddeld van 90%.
Vier van dié agt A's is met meer as 90% geslaag, waarvan wiskunde met 94%, rekeningkunde met 91% en fisiese wetenskap met 95%. Anru van Schalkwyk se gemiddeld is 86,14%. Hy slaag met 7 A's, waaronder ingenieursgrafika en ontwerp 90%, lewenswetenskap 90% en fisiese wetenskap 93%. Janique Gerber slaag met 5 A's en 'n gemiddeld van 83,14%. Caila Christie slaag ook met 5 A's en 'n gemiddeld van 81%.
Van die 97,3% kwalifiseer 73,3% vir graadstudie. Uit die 75 matrikulante het 73 geslaag. Vyftien leerders slaag as B-kandidate.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'