Gallery
HESSEQUA NUUS - Skole het landwyd op Woensdag 15 Januarie heropen en honderde graadeens in Hessequa is grootskool toe.
Hier en daar moes ma’s trane afvee, maar die meeste van die kleingoed was heel tuis omdat hulle reeds gr. R by dié skole deurloop het.
Talle het gou maats gemaak, terwyl sommige die nuwe klaskameromgewing grootoog beskou het.
Die meeste was die ene glimlagte en het opgewonde begin prentjies inkleur. Party kon selfs hul name skryf, terwyl ander maar vir juffrou gewag het om te help.
Graadeens by die verskillende skole waar Suid-Kaap Forum besoek afgelê het, het die grootskool met gemengde gevoelens gegroet.
Fotogalery: 1ste Dag van grootskool
Oor die algemeen was die kleingoed opgewonde oor die nuwe ervaring. Net hier en daar het enetjie met moeite van ma afskeid geneem, maar die juffrouens het gou hul aandag afgelei met allerhande grootskoolwerkies, soos inkleur en 'n mens se naam skryf.
Burgemeester Grant Riddles moedig leerders by Melkhoutfontein Primêr aan om hard te werk.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'