STILBAAI NUUS - Stilbaai Kindersentrum het Vrydagoggend 20 September Huis Stilbaai besoek.
Baie van die inwoners se klein- en agterkleinkinders bly versprei oor Suid-Afrika en selfs die wêreld en hulle sien die kinders maar min of byna nooit en daarom het die Kindersentrum besluit om vir hulle te gaan kuier.
Die kinders se entoesiasme was aansteeklik en nadat hulle vir die inwoners gesing het, het almal 'n liedjie saamgesing waarna tannie Wanda Jacobs 'n impromptu gediggie uit haar kinderdae vir hulle voorgedra het.
Elke teenwoordige inwoner het 'n geskenkie van die kinders ontvang en die kinders het op hulle beurt 'n klein blykie van waardering van die inwoners gekry.
Oupas, oumas en klein kindertjies is die gom wat 'n gemeenskap aanmekaar hou en besoekies soos hierdie versterk net daardie gom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’