STILBAAI NUUS - Die 24-jarige Khan Nothnagel van Stilbaai was Saterdag 30 Maart die algehele wenner van die Stilbaai Cross Driekamp byeenkoms in 'n tyd van 2:01:04.
In die tweede plek was dit Christoff Louw in 'n tyd van 2:06:31 en derde was dit Henri Meyer in 'n tyd van 2:09:43.
Francis Matthee het die dames afdeling gewen in 'n tyd van 2:30:36, met Kianne Lubbe tweede in 'n tyd van 2:30:36 en derde het Fienie Barnard klaargemaak met haar tyd 2:32:11.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’