SLANGRIVIER NUUS Die Loving Shepherds-kersfeeskoor het onlangs aan hul huidige, vorige, asook ontslape lede erkenning vir hul bydrae tot die koor gegee.
Die verrigtinge het in die plaaslike gemeenskapsaal plaasgevind
Anneline Kistoor, sekretaris, het die verwelkoming gedoen. Die bedankings is deur Cecil Alberts, ondervoorsitter behartig.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het die seniors bedank vir hul deursettingsvermoë in swaar tye.
“Was dit nie vir julle vasberadenheid nie, sou die koor sekerlik nie meer bestaan het nie. Baie dankie vir jul onbaatsugtige bydrae oor die jare.”
Die aanwesiges is met heerlike versnaperings en goeie musiek deur die jong musikante, onder leiding van Victor Edom, bederf.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'