RIVERSDAL NUUS - Die Wes-Kaap Bloeddiens doen ‘n beroep op Riversdallers om op Donderdag 6 Oktober bloed te gaan skenk.
Die kliniek word in die Thusong-sentrum tussen 14:00 - 18:45 aangebied.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'