JONGENSFONTEIN NUUS - Die verhoor van Janes Steyn (50) en Cornelius van Rooyen (42) begin vandag (27 Mei 2019) in die hooggeregshof op Swellendam.
Hulle staan tereg op 10 klagtes, wat die moord op Gideona Hugo (80) en aanranding op Hester de Wit (88) in Hugo se huis in Noorkapperstraat op 26 Januarie 2018 insluit.
Die ander klagtes sluit huisbraak en roof van verskeie items, insluitend Hugo se voertuig in.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'