Breaking News
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Brand het omstreeks 09:30 in 'n huis in Olieslager straat, skuins bo Voorwaarts Primêr, vandag, 3 Augustus begin.
Die vuur het blykbaar in die kleinkind se kamer ontstaan en na die res van die huis versprei. Die gesin moes uit huis vlug.
Een van die mans wat in die huis was se hare en snor is geskroei, maar verder is geen beserings aangemeld nie.
Die plaaslike brandweer en polisie is op die toneel.
Die gesin was te geskok om kommentaar te gee.
Keith Eksteen, Suid-Kaap Forum korrespondent was op die toneel en het ook vir die gesin middagete gereël.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'