STILBAAI NUUS - Wat kan nou lekkerder wees as Huis Stilbaai se basaar en dit nogal op Paasnaweek se Saterdag?
Winkels in Stilbaai wees gewaarsku dat Saterdag 30 Maart gaan al wat leef en beef in Stilbaai toesak op die immergewilde basaar van Huis Stilbaai in Perlemoenlaan.
Dit begin al 08:00 en ondervinding sê dat as jy basaarpoeding en vleis wil hê sal jy 08:00 moet instap as die deure oopmaak.
Die regering het al soveel snitte gemaak in bejaardesorg instellings se begrotings dat die gemeenskap moet inspring en help en wat is lekkerder as 'n basaar?
Die wit olifant tafel kreun gewoonlik onder die winskopies en die koeke is uit die boonste gestoeltes.
Bring jou vriende en familie Saterdag en maak dit 'n heerlike uitstappie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’