STILBAAI NUUS - Die Vriende en Familie komitee van Huis Stilbaai, onder leiding van Hennie Slabbert, het die inwoners bederf met musiek en 'n heerlike braaivleisete en daar is behoorlik weggelê.
Gert Kleinhans, Charl Marais, Pinoc Jacobs en Nico Kellerman het van vroegoggend die warm vure getrotseer om seker te maak dat die inwoners 12-uur 'n lekker warm ete kon geniet.
Die kombuis, onder leiding van Hanelie Grewe, het gesorg vir slaaie en 'n vrugte met roomys nagereg.
Thinus de Beer het al die pad van George gekom om die inwoners deur die loop van die oggend te vermaak met sang en toe hy hier teen die einde lostrek met Jessica kon die dapperes dit nie meer uithou nie en het 'n impromptu dansbaan geopen.
Tabeel het die vleis geborg en Stilbaai Slaghuis het dit teen 'n afslagprys voorsien.
Hierdie jaarlikse braai is een van die hoogtepunte op Huis Stilbaai se sosiale kalender en die inwoners is al vroegoggend saamgekoek om te lag en gesels terwyl hulle, hulle verlustig aan die musiek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’