HEIDELBERG NUUS - Die ses redenaars bestaan uit:
Uysie Keyser (gr. 6) behaal die eerste plek nasionaal in sy afdeling vir tweetalige redenaars en Karlo Truter (gr. 6) behaal die tweede plek in dieselfde afdeling.
Fanie Keyser (gr. 4) verower 'n tweede plek in sy afdeling vir Afrikaanse redenaars.
Uysie Keyser en Emmari Gildenhuys (gr. 6) behaal 'n derde plek in groepredenaars.
Uit die Hatties-stal word nog 'n vierde plek, asook twee vyfde plekke, twee sesde plekke en twee sewende plekke behaal.
Uysie Keyser het ook vanjaar aan Op die Tong Af'-redenaars deelgeneem en na die nasionale finaal op 12 Oktober in Pretoria deurgedring, waar hy aangewys word as die wenner in sy afdeling.
Hy maak dus vanjaar skoonskip deur eerste nasionaal te eindig in beide radikale en Op die Tong Af'-rekenaars.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'