HEIDELBERG NUUS - Hatties, De Waalville en Kaïros Senior Sekondêre Skool het Donderdag, 10 Februarie aflos teen mekaar gehardloop tydens die jaarlikse landbouskou.
Die perde moes eers plek maak vir 'n paar vinnige atlete.
Daarna het Hoërskool Swellendam, Die Hoër Landbouskool Oakdale, Laerskool Buffeljags en Hoërskool Heidelberg die arena betree en hierdie keer was toutrek aan die beurt.
Hatties en Buffeljags het op 'n vriendskaplike wyse meegeding. Toutrek is vanaf dié jaar 'n amptelike sport hy Hattieland.
Die leerders het dit baie geniet en nou het die toutrekgogga omtrent gebyt.
Die span het Saterdag, 12 Februarie by die ope byeenkoms op Suurbraak deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'