HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum is opsoek na Hessequa se braaibroodjiekampioen.
As jy dink jy het 'n wenresep, skryf dit in vòòr Vrydag 12 Augustus en stuur dit na wilma@groupeditors.co.za en staan 'n kans om heerlike pryse te wen.
Die top vyf inskrywings se resepte sal by 'n spesiale braaigeleentheid getoets word. Die finaliste moet hul eie bestanddele saambring vir dié braai waar plaaslike beoordelaars dan Hessequa se braaibroodjiekampioen sal aanwys.
Die plek, datum en tyd waar die beoordeling sal plaasvind, sal later bekend gemaak word.
Net inwoners van Hessequa mag inskryf en deelnemers moet hul naam, van en kontaknommer saam met die resep instuur.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'