HESSEQUA NUUS - Burgermeester Grant Riddles het Donderdag, 2 September met groot trots Hessequa se suksesbundel bekendgestel.
Die doel van die bundel is om inwoners en besoekers ? oorsig te gee van die hoogtepunte wat die munisipaleteit bereik het van 2016 tot 2021.
Riddles het elke department bedank vir hulle samewerking om die bundel saam te stel.
‘’As ek terugkyk na wat ons vermag het, was dit ‘n goeie termyn vir die munisipaliteit. Ons het sewe skoon oudits gekry en is ook vereer as derde beste munisipaliteit in die land,’’ het Riddles gesê.
Lees Vrydag HENRY SNYMAN se volledige berig oor die bekendstelling en Hessequa-munisipaliteit se suksesse soos vervat in die bundel.
Van links is Hessequa-burgemeester Grant Riddles, Johan Jacobs en Speaker Andrew Stroebel. Die maskers is net vinnig vir die foto afgehaal.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'