HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie benodig dringend inligting aangaande 'n inbraak wat waarskynlik iewers oor die afgelope naweek van 25/26 Junie by De Waalville Primêre Skool plaasgevind het.
Volgens die ondersoekbeampte, sp sers Whitey Solomons kon daar nog nie vasgestel word wat gesteel is nie.
Die inbraak is by die stoor gepleeg, waar alles rondgestrooi gelê het toe die personeel Maandagoggend by die skool aangekom het.
Enigiemand wat inligting het omtrent die inbraak word gevra om met Solomons (084 661 1155) in verbinding te tree. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'