Gallery
HEIDELBERG NUUS - Na afloop van Heidelberg Hoërskool se eksamens het groot opgewondenheid onder die leerders geheers oor die naderende somerskool.
Vanjaar het dit oor vier dae gestrek, vanaf 4 tot 7 Desember en is aangebied deur Heidelbergers en vrywilligers vanaf buurdorpe.
Die inisiatief is verlede jaar deur 'n paar Hattie-ouers op die been gebring om leerders oor die laaste paar dae van die vierde kwartaal konstruktief besig te hou en sodoende die personeel 'n kans te gee om alle administrasiewerk af te handel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'