RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-skoukomitee het Woensdag 26 Februarie ’n tjek ter waarde van R17 000 aan Goukam Health oorhandig.
Die geld is tydens ’n gesamentlike erediens waarmee die skou die vorige Sondag afgesluit is, ingesamel.
Ongeveer 600 mense het die diens wat deur TV-persoonlikheid Andries Vermeulen gelei was, bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'