HEIDELBERG NUUS - Dié dorp het Saterdagaand 20 Augustus 'n groot seder verloor met die dood van die bekende sakeman, Bertus Olivier.
Olivier, wat die vorige dag sy 73ste verjaarsdag gevier het, het vermoedelik aan 'n hartaanval gesterf.
Benewens sy vro, Emsie, laat hy ook twee dogters, een seun en ses kleinkinders agter.
Die troosdiens en begrafnis vind op Vrydag 26 Augustus om 14:00 vanuit die NG kerk in Heidelberg plaas.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'