Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het op 9 Augustus ’n spesiale oorwinningsfees vir vrouens in die Kwanokuthula-gemeenskap gehou.
Elke vrou wat hierdie fees bygewoon het, moes ’n uitnodigingskaartjie ontvang het.
Beth Paine het ’n sangitem vir die vrouens gelewer om die dag vir hulle baie spesiaal te maak en hulle te laat weet dat hulle belangrik is.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'