GOURITSMOND NUUS - Dit het onder Suid-Kaap Forum se aandag gekom dat daar besware teen 'n munisipale kennisgewing is wat op 1 Augustus in die koerant verskyn het.
Die kennisgewing het betrekking op die hersonering van eiendom langs die kus waar Aquinion 'n perlemoenaanleg wil oprig, asook toestemming om 'n toeristefasiliteit by die aanleg te skep.
Wessel Smit, afgetrede prokureur het namens die Gouritsmond-sambreelliggaam die besware uiteengesit.
Dit kom daarop neer dat die kennisge-wing volgens hom onakkuraat en misleidend is, dat dit onttrek moet word en met 'n behoorlike, korrekte advertensie vervang moet word.
Kommentaar deur Hessequa-munisipaliteit: Mnr. Wessel Smit se kommentaar word hanteer ingevolge die Hessequa Verordening op Grondgebruikbeplanning en sal na afloop van die tydperk vir kommentare net soos al die ander bespreek en beoordeel en daarop reageer word. Die beantwoording van hierdie spesifieke kommentaar sal vroegtydig wees. Hiermee word kommentare in die media afgesluit.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'