MELKHOUTFONTEIN NUUS - Jack Hendricks (62), 'n afgetrede inwoner van dié dorpie het vanjaar 'n goeie uie-oes uit sy tuin in Rooipitjiestraat gehad.
Hendricks, wat as 18-jarige seun op 'n plaas langs die rivier waar hy gewerk het, in groenteboerdery belang gestel het, het einde Julie vanjaar die Australiese Bruinuiesaadjies in grond geplant waarin hy onder andere perdemis ingewerk het.
Hy het op Maandag 13 November, net voor die goeie reën uitgesak het, die uie geoes wat nou in die motorhuis gehang sal word.
Die res van sy groentetuin bestaan uit tamaties, groenrissies, knoffel en pampoen, terwyl hy nou ook bone en kool gaan plant.
Hy gooi sy tuin met reënwater uit sy watertenke nat en met die groente voorsien hy in die behoeftes van sy gesin en uitgebreide familie.
Jack Hendricks in sy geliefde tuin.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, KORRESPONDENT
'Ons jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'