RIVERSDAL NUUS - Koskultuur lê na aan die hart van die mens se geskiedenis.
Dit was grootliks eindelose soeke na noodsaaklike voedsel wat die samelewing se strukture gevorm en mense laat besluit het om te reis en te verken, wat tot die ontdekking van nuwe wêrelde en nuwe kossoorte gelei het.
Dis presies wat Christlike Academy vir die mense in die dorp bied - ' n aand waar almal die geleentheid kry om die verskillende koskulture en smake te kom ontdek.
Hierdie jaarlikse instelling vanaf 2007 is 'n groot aantrekkingskrag vir baie.
Christlike Academy se sendingete vind Woensdag 1 November om 18:00 plaas.
Teen 'n minimale bedrag van R8 per porsie kan jy jouself tussen die stalletjies van ongeveer 15 verskillende lande se kosdisse geniet.
Geniet die aand saam met hulle - gaan reis saam na verre lande... proe hul kos en ervaar hul onderskeie kulture. Almal is welkom.
Vir meer inligting kontak die skool by 028 713 2209.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'