HESSEQUA NUUS - Speelparkies reeds omhein
vir kinderlaggies se samesyn
maar dit kort sekuriteit en slotte want moord skuil in samelewingsgrotte
waar en wanneer het ons misluk?
toegelaat dat dood onskuld weg kom ruk?
verslaggewers sit paniekerig en wag
...wanneer lê 'n kind weer iewers verkrag
DOEN ONS GENOEG?
nie net hokke deursoek en in rommel ploeg
want dan is dit te laat. . .
te laat vir nog 'n verjaarsdag
nog 'n matriekafskeid
te laat vir nog 'n mondigwording
te laat om grootmens te wees
want vertrouelinge word vreemdelinge
ouers self beweeg in bose kringe
en wanneer 'n kind verdwyn
die son net halfmas skyn
die maan 'n roeper word van polsende-pyn
is dit te laat vir eenkant sit en kwyn
DOEN ONS GENOEG!
nie net hokke deursoek en in rommel ploeg
want dan is dit te laat. . .
mag verlieskoue ons vandag wakker skud
voor ons op nog 'n roudiens moet bid
mag daar minder vlak graffies wees
minder daagliks vir ons kinders vrees
Engeltjies is geroep en veilig
op Jesus se skoot heilig
maar ons wat hartseer-stukkend agterbly
die vraag konfronteer vir jou en my
DOEN ONS GENOEG?
uit woede en teer simpatie vir elke verlore onskuldige siel...
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'