HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie het September met 'n kerkdiens vir hul lede afgesluit. Dit was saam met die sluiting van Nasionale Polisieveiligheidsmaand en is veral aan die lede wat die afgelope paar maande gesterf het, gewy.
Die geleentheid in die Langeberg Christian Fellowship is onder leiding van sers Imorgene Hendricks, plaaslike sosiale en waarnemende mediabeampte, aangebied.
Hendricks is deur sersante Adri Buys en Danwille Josephs bygestaan. Pastoor Bennie Meyer het die diens gelei.
Mosselbaaiers Lenichia Willemse, 'n motiveringsspreker en Valerie Combrink, 'n geestelike danser het ook die verrigtinge bygewoon.
'n Kers is tydens die herdenkingdiens deur Elizabeth Neethling, plaaslike traumakamerberader ter ere van die onlangse ontslape lede aangesteek.
Die rolspelers is van links reservis-konst Magdalene Theodore, Valerie Combrink, ao Karin Pretorius, Lenichia Willemse, sers Danwill Josephs, sers Adri Buys, konst Nigel Daniels en sers Imorgene Hendricks. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'