RIVERSDAL NUUS - Leerders van Gerrit du Plessis Sekondêr het op 28 Julie uitstekende prestasies by die WOW-spelkompetisie behaal en die skool se naam hoog gehou.
AJ Hendricks het die eerste plek in die gr. 8 Engels-afdeling behaal, terwyl Stankovic Smit vierde in die gr. 8 Afrikaans-afdeling geëindig het.
In die gr. 9 Engels-afdeling het Merriam van Staden met die eerste plek weggestap.
Jadelyn Kortjie het ook ’n puik prestasie gelewer deur die derde plek in die gr. 10 Afrikaans-afdeling te behaal.
Die skool het die leerders gelukgewens met hul uitstekende prestasies en hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë geloof.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’