RIVERSDAL NUUS - 'n Goeie doel waar jou gewig in jou guns tel is verseker bloedskenk.
Sien, om te kan deelneem moet jy liefs bietjie meer as minder weeg. Indien jy meer as 50 kg weeg, gesond en ouer as 16 jaar is kan jy Donderdag 18 Oktober vanaf 15:00 tot 18:45 by die burgersentrum in Van den Bergstraat gaan bloed skenk.
Maak seker jy eet minstens drie tot vier ure vooraf en drink baie vloeistof gedurende en nadat jy geskenk het.
Vir meer inligting besoek hul webtuiste by www.wpblood.org.za of skakel 021 507 6300.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'