Gallery Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Dit is vanjaar die derde keer dat Kersfees in Julie in dié kusdorp gehou word - en jaarliks groei dit groter.
’n Groot verskeidenheid aktiwiteite was oor die bestek van ’n week aangebied; van ’n Pannekoek-en-Port aand, wynproe, plaaslike kunstenaars wat opgetree het, tot Krismisvader se besoek Vrydagaand 13 Julie.
Die straatmark wat vroeër die dag tot laataand gehou is, het groot belangstelling gewek. Stalletjies met kos, koffie, kuns artikels, kaas en vele meer was te kies en te keur. Musiek deur plaaslike kunstenaars het vir ’n vrolike en feestelike atmosfeer gesorg.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'