Gallery
HEIDELBERG NUUS - De Waalville Primêre skool het onlangs hul erkenningsaande in Duivenhoks-gemeenskapsaal gehou.
Tydens die senior fase se erkenningsaand was Xavier Swartbooi, voormalige leerder en talentvolle rugbyspeler die gasspreker. Hy is tans by die Sharks.
Fotogalery: De Waalville Primêr erkenningsaand
Lee-Win Pretorius is as 2019 se sportman van die jaar bekroon, terwyl Beyoncé Philander as die sportvrou aangewys is. Anzil Roberts is as Dux leerder bekroon.
Lee-Win Pretorius en Beyoncé Philander spog met hul toekennings as vanjaar se sportman en sportvrou.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'