HEIDELBERG NUUS - Die SWD-streek van die Christen Gemeente van Suid-Afrika het onlangs hul jaarlikse Paaskonferensie by die Heidelberg Skougronde aangebied.
Ongeveer 350 gemeentelede van dorpe regoor die streek, van Bredasdorp tot Plettenbergbaai, het die byeenkoms bygewoon.
Die verrigtinge het reeds vroeg Goeie Vrydagoggend begin, met die amptelike opening later die oggend deur biskop Piet Skeffers.
Verskeie bedieninge, insluitend manne-, vroue-, jeug-, Sondagskool- en evangelisasiegroepe, het hul eie sessies aangebied.
Die hoogtepunte van die naweek was die Opstandings- en erediens, gelei deur pastoor Calvin Esau, met pastoor Henry Matthysen as prediker.
Biskop Skeffers het die nagmaal bedien.
Die Sondagskoolleerders het die diens met sang verryk.
Lede van die Heidelberg-Oos AGS-gemeente het ook die geleentheid bygewoon.
Die konferensie is afgesluit met dankwoorde deur ouderling Roy Carelse, wat veilige reise aan almal toegewens het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’