HEIDELBERG NUUS - Daar is voorheen verkeerdelik berig dat twee beamptes van 'n sekuriteitsmaatskappy op die beseerde verdagte, wat verlede week saam met drie ander uit polisieaanhouding ontsnap het, afgekom het.
Dié inligting is deur die plaaslike mediabeampte verskaf en is nie feitelik korrek nie.
Almal is weer aangekeer en het intussen in die plaaslike landdroshof verskyn.
Dit was inderdaad twee buurtwaglede van Heidelberg se plaaslike Community in Blue (CIB), Christian Ackermann (links) en Kallie Oktober, wat op die verdagte afgekom het.
Die verdagte is nie in Van Riebeeckstraat, soos berig is, gevind nie, maar wel in Pentzstraat agter die aanhoudingselle.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’