RIVERSDAL NUUSFLITS - ‘n Groot gedeelte van ‘n boom het vandag om ongeveer 17:00 op ‘n motor geval.
Die motor was in Van Den Bergstraat oorkant die biblioteek geparkeer.
Die eienaar en ‘n vriend het in die motor gesit toe die tak op sy motor geval en groot skade aangerig het.
Hessequa-munisipaliteit het die tak opgesaag en verwyder.
Die twee insittendes is nie beseer nie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: SAN-MARIÉ CRONJÉ
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'