ALBERTINIA NUUS - Jacob Hermanus Gildenhuys (80), ‘n bekende inwoner van Albertinia wat ‘n motorwerktuigkundige vir 60 jaar was, is op 21 September aan nierversaking oorlede.
Oom Jackie, soos hy alombekend was, het sy ambag reeds op 20-jarige ouderdom in Stellenbosch begin.
Inwoners en plaasboere van Albertinia het gereeld van sy dienste gebruik gemaak.
Sy troosdiens het Donderdag, 7 Oktober plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'