RIVERSDAL NUUS - Anze Gildenhuys van Hoërskool Langenhoven het die afgelope vakansie aan 'n lewensreddingskursus by See-en-Sand in Hermanus deelgeneem.
Hul span, Team Delta, het met die prys as die span wat die beste gevaar het weggestap en Anze het met ywer en uithouvermoë haar sertifikaat gewerf.
Die kursus wat strek oor sewe dae verg dat die deelnemers meer as 100 km hardloop, stap en swem sowel as seestrome trotseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’