ALBERTINIA NUUSFLITS - Die hoof van Hoërskool Albertinia, Herman Maartens het onverwags bedank.
In 'n telefoniese onderhoud met Suid-Kaap Forum het Maartens gesê dat hy besluit het om in hierdie stadium die tuig neer te lê. "Ek is 60 en het besluit genoeg is genoeg."
Die afgelope tyd was daar redelik rimpelinge nadat 'n ouer 'n brief aan die koerant gestuur het oor sekere vakke - Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde en Lewenswetenskappe - wat blykbaar nie meer by die skool aangebied gaan word nie.
Dié brief het in die uitgawe van 21 September verskyn.
Volgens Maartens het hy wel 'n skrywe aan die ouers gestuur om hul gevoel daaroor te kry - en wat nie goed ontvang was nie.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'