HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het aansoeke vir persone wat finansiële bystand met die reël van feeste of openbare geleenthede vanaf September tot en met Junie 2021 benodig, oopgestel.
Volgens die munisipaliteit se blog op hul webwerf, www.hessesqua.gov.za, kan beperkte befondsing in die vorm van ‘n skenking aan suksesvolle aansoekers verleen word.
Die sluitingsdatum is 6 Augustus en voltooide aansoekvorms kan in ‘n geseëlde koevert by enige munisipale kantoor ingehandig word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'