HEIDELBERG NUUS - An-Mari Ackermann van Hoërskool Heidelberg slaag met drie vakonderskeidings en 'n gemiddeld van 76,0%.
Sy is as die beste kandidaat aangewys met onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal en lewenswetenskap.
Alexandra Rhode is die leerder met die beste individuele vakprestasie. Sy behaal 91% in toerisme.
Vir die eerste keer in 'n lang tyd kon die skool nie 'n 100% slaagsyfer handhaaf nie.
Slegs een leerder van die 25 wat geskryf het, het gedruip en het die skool vanjaar 'n 96% slaagsyfer.
Negentien leerders slaag met baccalaureus vrystelling, vier met diploma vrystelling en die oorblywende een het 'n nasionale hoër sertifikaat verwerf.
Alexandra Rhode.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'