Met behulp van die MSAT koördineerder, Elaine Cloete, kon hul toegang tot die pedriatiese afdeling en kraamsaal verkry.
Na die besoek aan die hospitaal is die groep na die plaaslike polisiestasie, waar verskeie polisielede hul hande in verf gedruk en op 'n wit doek afgedruk het.
Volgens sers Wynette Coetzee simboliseer dit dat Riversdal Polisie met ACVV hande sal vat om die gemeenskap te dien, met die fokus op kinderbeskerming.
Die dag is afgesluit deur klerasie aan inwoners by De Draai uit te deel. Art 150 van wet 38/2005 is met die inwoners behartig.
Hierdie gedeelte van die wet bepaal wanneer 'n kind sorg en beskerming benodig.

Agter van links staan Nicolé Boshoff (maatskaplike hulpwerker, ACVV), sers Wayne Arries, Elaine Cloete (MSAT), konst Mornay Hoffman, Alicia Prins (maatskaplike werker, ACVV) en sers Wynette Coetzee. Voor sit Lee-Roy en Chanique Cloete, Wayneldo Arries, sr Christine Abrahams (Riversdal Hospitaal) en Coreen Jansen van Rensburg (gemeenskapsontwikkelaar, ACVV). Foto's: Wilma Adamson.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'