STILBAAI NUUS - Stilbaai inwoners en vakansiegangers laat hulle nie afskrik van koue en nat weer as hulle Saterdagoggende die Parkrun wil hardloop of stap nie.
Een van hierdie nimmereinders is Nico Steenekamp wat Saterdag 28 Junie sy 175ste Parkrun gedraf het.
Nico is nie net die dryfveer agter die Stilbaai Parkrun nie, maar hy lei deur voorbeeld.
Van die 179 Parkruns in Stilbaai het Nico 128 gehardloop en 51 het hy op ander bane gedoen.
Hy het Saterdag in 'n skaflike 11de posisie klaargemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’