STILBAAI NUUS - Die Militêre Veterane-vereniging van Stilbaai hou Sondag 9 November 'n kranslegging ter ere van alle soldate wat in die twee wêreldoorloë, en alle oorloë daarna, gesterf het.
Dié eerbetoning vind altyd plaas op die Sondag naaste aan 11 November.
Die Eerste Wêreldoorlog het tot 'n einde gekom toe Franse, Britse en Duitse beamptes in die Compiégne-woud in die noorde van Frankryk in die persoonlike treinwa van die Franse bevelvoerder, Ferdinand Fouché, ooreengekom het om alle vyandelikhede te staak.
Die wapenstilstand het elfuur op die 11de dag van die 11de maand begin en talle rooi papawers het later op hierdie slagvelde gegroei en daarom word die dag op die 11de dag van die 11de maand om elfuur gevier en rooi papawers word daarmee geassosieer.
Die kranslegging sal by die Stilbaai-skietbaan plaasvind en almal is welkom.
Vir enige navrae skakel Richard Webb by 082 902 9098.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’