HESSEQUA NUUS - Brandbestryders van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit het Woensdag, 31 Desember, blitsig gereageer om 'n veldbrand buite Albertinia naby die Hectors Kraal-kruising met die N2, onder beheer te bring.
Die vuur is tans onder beheer en brandbestryders kon voortgaan om alle smeulende dele dood te maak.
Die brandbestryders is goed bygestaan deur Hessequa-munisipaliteit se brandspanne, boere, Working On Fire en vrywilligers.
Die publiek word gemaan om versigtig te wees in hieride uiters droë en warm toestande. 'n Sigaretstompie, kooltjie van 'n braaivleisvuur of ander nalatige optrede kan baie vinnig 'n veldbrand veroorsaak.
Indien jy 'n veldbrand sien, moet jy dit onmiddellik by die Tuinroete-distriksmunisipaliteit se noodnommer aanmeld. Die nommer is 044 805 5071 of WhatsApp 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’