STILBAAI NUUS - Tydens die Wes-Kaapse SAPD-toekenningsgeleentheid in Century City, Kaapstad, het die Stilbaai-polisie geskitter.
Die stasie het die Vangs van die Jaar-toekenning ontvang.
Dit was vir die die dwelmvonds toe smokkelaars R200 miljoen se kokaïen per boot deur Stilbaai-hawe wou insmokkel.
Die toekenning is beslis 'n weerspieëling van die passie waarmee Kaptein Johan van Tonder en sy hele span hul dagtaak aanpak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’