RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale het weereens ’n 100%-slaagsyfer in die 2025 NSS-eksamen behaal.
Altesaam 86 leerders het die eksamen voltooi, waarvan 77 leerders (89,5%) met ’n B-graad geslaag het.
Nog agt leerders (9,3%) het met ’n diploma geslaag, terwyl een leerder die eksamen geslaag het.
Die skool het in totaal 96 vakonderskeidings behaal.
Toppresteerders sluit in Artho Saayman met ’n gemiddeld van 93,1% en agt onderskeidings, gevolg deur Lohan Gerber (84,7%) en Luan Serfontein (84%).
Hoërskool Albertinia het in die 2025 NSS-eksamen ’n slaagsyfer van 89,6% behaal, met 43 uit 48 leerders wat suksesvol geslaag het.
Die skool se toppresteerders is Dohogen Prins met ’n gemiddeld van 68,6%, gevolg deur Ruche Julies en Andrea Prins, wat gesamentlik tweede geëindig het met 64,57%.
Rozard Petersen het derde plek behaal met ’n gemiddeld van 64,29%.
Drie vakonderskeidings is ook behaal: Rozard Petersen vir Wiskundige Geletterdheid (81%), asook Ruche Julies vir Afrikaans Huistaal (82%) en Toerisme (82%).
Hoërskool Gerrit du Plessis spog vanjaar met ’n slaagsyfer van 94,4%.
Die top drie presteerders is Done Pipes met ’n gemiddeld van 72%, gevolg deur Ashley Adams met 65,29%, en Tiaan Jacobs met 64,83%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’