RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-hospitaal spog vanjaar met drie Nuwejaarsbabas.
Daar was groot opgewondenheid toe die drie seuntjies kort ná mekaar gebore is.
Cayton Johnson, seun van Edwin Michaels en Jennelin Johnson, was eerste en het om 03:29 die lig gesien.
Daarna is Francois Esau om 04:18 gebore. Hy is die seun van Konzokani Johnking en Elizabeth Esau.
Clyde Michaels, seun van Brendon en Elna Michaels, het om 04:30 die eerste lewenslig aanskou.
Bets van Noordwyk, wyksraadslid van die Hessequa-munisipaliteit, sê dit was vir haar 'n groot voorreg om die drie seuntjies te verwelkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’