HEIDELBERG NUUS - Lleyton September, Heibi se vlugvoetige regtervleuel, is onlangs tydens SWDRU se erkenningsaand as o. 21-speler van die jaar verkies.
September het ook met sy sewe besoeke agter die doellyn die meeste drieë ingeryg.
Hy is ook beloon met ’n oproep na die elite groep van Heyneke Meyer, nuutaangestelde SWD-hoofafrigter, se oefenkamp om die spelers se fiksheid en fisiese toestand te evalueer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’