Video
RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven het sopas bekend gemaak dat hul Klas van 2025 ’n 100%-slaagsyfer behaal het.
Die skool se leerders het 16 A-gemiddeldes en 28 B-gemiddeldes behaal.
Daar is ook 172 A-simbole verwerf, met ’n klasgemiddeld van 65%.
Altesaam 95% van die matrieks kwalifiseer om verder te gaan studeer.
In Heidelberg het die dorp se twee hoërskole, Hoërskool Heidelberg en Kairos Senior Sekondêre Skool, vriend en vyand verras met hul 100%-slaagsyfer vir 2025.
Vir Kairos is dit die tweede keer in hul 31 jaar se bestaan dat hulle dié merkwaardige prestasie behaal.
Dit is presies 21 jaar gelede sedert hulle laas ’n 100%-slaagsyfer aangeteken het.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’