RIVERSDAL NUUS - Met 80 inskrywings het Hoërskool Langenhoven se eerste Dasse-atletiekkliniek Saterdag 5 September gewys dat daar ’n sterk behoefte aan atletiekontwikkeling en kundige afrigting onder jong atlete in die streek bestaan.
Die kliniek, wat by die skool aangebied is, het atlete en afrigters die geleentheid gebied om hul kennis uit te brei, tegniek te verfyn en meer oor verskillende aspekte van atletiekontwikkeling te leer.
Volgens die skool het die belangstelling hul verwagtinge oortref en was die doel van die dag nie net om beter prestasie te bevorder nie, maar ook om kennis, tegniek en langtermynontwikkeling onder jong atlete aan te moedig.
Verskeie kundiges het hul kennis en ervaring tydens die kliniek met die deelnemers gedeel.
Die sukses van die eerste kliniek het volgens die skool die waarde van soortgelyke ontwikkelingsgeleenthede beklemtoon en ’n goeie grondslag vir toekomstige atletiekklinieke gelê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’